Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | BMW |
Produksietyd | 2008-tans |
Konfigurasie | inlynsessilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 3,0 L (2 993 cc) |
Boorwydte | 84 mm |
Slaglengte | 90 mm |
Blok | Aluminium |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | DOHC 4 kleppe per silinder |
Brandstoftipe | Diesel (DIN EN 590) |
Turboaanjaer | Enkel, tweeling of drieling met veranderlike geometrie |
Brandstofstelsel | gemenedrukbuis brandstofinspuiting |
Smeerstelsel | Druksirkulasie |
Verkoelingstelsel | Waterverkoel |
Bestuurstelsel | Bosch |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 150–280 kW |
Wringkrag | 450–740 Nm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | BMW M57 BMW M67 |
Opvolger | BMW B57 |
Die BMW N57 is 'n familie van turboaangejaagde inlynsessilinder-gemenedrukbuisbrandstofinspuiting dieselenjins. Die enjins gebruik turboaanjaers met veranderlike geometrie en Bosch piëso-elektriese inspuiters. [1] Die enjin het gesamentlik die M57 reguit-6 en M67 V8-enjins vervang. In 2015 is die N57 vervang met die B57-enjin, beginende met die G11 730d.